Romeine 8:1
‘’DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie,… ‘
– As Sy kinders kan ons nou Sy guns en seën in ons lewens geniet.
– Hy het gekom om die skuldgevoelens en die skaamte weg te neem.
– In Hom het ons die hoop op ‘n beter weg, sonder veroordeling.
– Hy wil ons lewens verander en Sy teenwoordigheid ‘n werklikheid maak.
Gebed: Here, dankie dat ek nie onder veroordeling en skuldgevoelens hoef te lewe nie. U het gekom om die vlek van sonde te verwyder sodat ek in ‘n verhouding met U kan lewe en u goedertierenheid teenoor my kan geniet. Amen.