Psalm 143:8a
‘Laat my U goedertierenheid in die môre hoor, want op U vertrou ek;’
– Dit is ‘n nuwe dag en daarmee saam kom die werklikheid van meer van Sy onfeilbare liefde.
– Sy onfeilbare liefde is Sy gewaarborgde, voortdurende goedhartigheid teenoor jou.
– Mag jou ore wakker wees sodat jy elke dag Sy liefde vir jou ‘hoor’.
– Terwyl jy dag na dag op Hom vertrou, verwag dat Sy liefde elke dag werklik sal wees.
Gebed: Vader, dank U vir U onfeilbare liefde vir my. Ek is geseënd om te weet dat my Skepper en Verlosser my liefhet en vir my sorg en daarom kan ek U met sekerheid en hoop vir die toekoms vertrou. Amen.