Psalm 18:20
‘En Hy het my uitgelei in die ruimte; Hy het my gered, omdat Hy behae in my gehad het.’
– Besef jy dat God ‘n behae in jou het en daarom sal Hy jou help?
– Jy is Sy kind en Hy het almal lief wat aan Hom behoort.
– In Sy liefde vir jou het Hy ‘n plan vir jou voorspoed en nie vir kwaad nie.
– Sy plan vir jou is om vir jou ongehinderd deur vrees en twyfel, ‘n toekoms en hoop te gee.
Gebed: Vader, dank U vir alles wat U vir my voorberei het. Ek bid dat U my uit situasies wat my terughou, sal bring. Bring my na daardie ‘ruimte’ wat U vir my voorberei het. Amen.