Psalm 40:1
‘Ek het die Here lank verwag, en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor;’
– Die Here is jou Bewaarder en jou Helper.
– Jou geloof en vertroue in die Here sal beloon word.
– Wanneer ons geduldig wag, dui dit op ons diepe vertroue en afhanklikheid van God.
– God hoor elke hulpgeroep van jou en Hy sal ingryp om jou te help.
Gebed: Vader, dankie dat ek U kan aanroep en weet dat U my geroep sal hoor en my sal help, terwyl ek geduldig wag op U ingryping. Dankie dat ek kan verwag en glo dat U my sal help. Amen.