Openbaring 12:11
‘En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis,..’
– Die Here wil hê dat jy ‘n oorwinnaar moet wees.
– Moenie toelaat dat die vyand (die aanklaer) vir jou sê dat jy ‘n mislukking is nie.
– Glo wat jy weet waar is, oor God in jou lewe.
– As die vyand jou aan jou verlede herinner, onthou God se getrouheid aan jou.
Gebed: Vader, ek neem vandag standpunt in teen die leuens en beskuldigings waarvan die vyand my probeer beskuldig. Ek weet dat U met my is. U bloed bedek my, en ek is ‘n lewende getuie van U genade, barmhartigheid en getrouheid in my lewe. Amen.