Josua 1:9
‘…Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan.’
– Jy kan sterk en versekerd wees, want die Here is met jou.
– Hy sal met jou wees, langs jou, waar jy ook al mag gaan.
– Vrees is deel van die lewe, maar jy kan dit oorkom as gevolg van Sy teenwoordigheid met jou.
– Wees dus sterk en moedig, nie in jouself nie, maar in Hom en in Sy krag.
Gebed: Vader, dank U dat U langs my kom staan om met my te wees sodat ek sterk en moedig kan wees. Daar is niks wat vir U te moeilik is om te hanteer nie en daarom kies ek U krag en moed bo my twyfel en vrese. Amen.