Daaglikse Bybel vers: Handelinge 20:24
‘Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, …’
– Die grootste vervulling in die lewe kom deur te doen dit waarvoor ons geskape is.
– Wanneer ons onsself in lyn bring met God se wil en doel, bring dit betekenis aan ons lewens.
– Net een lewe, dit sal binnekort verby wees, en slegs dit wat vir Christus gedoen is, sal hou.
– Kom ons doen wat God verheerlik en volg Hom – dit sal die moeite werd wees.
Gebed: Vader, dank U dat ek U in my lewe eerste kan stel. My hartsbegeerte is om te doen dit wat U wil hê dat ek moet doen. Mag my lewe in alles wat ek sê en doen, heerlikheid en eer aan U bring. Amen.