2 Korinthiërss 9:8
‘En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees,…’
– Die Here verlang daarna om vir jou genadig te wees.
– Sy genade is oorvloedig en genoegsaam vir elke behoefte.
– Jy kan op Sy voorsiening vir alle aspekte van die lewe vertrou.
– Dit is omdat Hy ons liefhet op ‘n wyse wat ons vermoë om Sy liefde te begryp, te bowe gaan.
Gebed: Vader, dankie vir U oorvloedige seën en genade teenoor my. Help my om op U te vertrou vir alles wat ek nodig het, en om dit wat U voorsien, te gebruik om ‘n seën vir ander te wees. Amen.