Lukas 10:41
‘…Martha, Martha, jy is besorg en verontrus oor baie dinge;’
– Het jy deesdae baie dinge waaroor jy besorg en verontrus is?
– Ons leef in onseker tye, maar die Here wil hê dat ons op dit wat werklik saak maak moet fokus.
– As ons op kommer en sorge fokus, verhinder dit dat ons op Hom vertrou.
– Jy kan op God se voorsiening en sorg vertrou en die kommer laat los.
Gebed: Vader, help my om nie uitgeput te raak deur die probleme en sorge wat my soms probeer oorweldig nie. Help my om slegs een dag op ‘n slag te lewe en dag na dag op U te vertrou en staat te maak. Amen.