Psalm 37:25
‘Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie.’
– Die waarheid is dat God jou liefhet en vir jou sorg.
– Die Here sal nooit die wat Hom liefhet, begewe of verlaat of laat vaar nie.
– Sy getrouheid duur lewenslank.
– En Hy wil jou verseker dat Hy selfs vir jou kinders sal sorg.
Gebed: Vader, dank U dat ek kan uitsien na U lewenslange getrouheid teenoor my. U het my so ver gebring en U sal die hele pad met my wees, en daarom kan ek met vertroue sê: ‘Die Here is my Helper!’ Amen.