Deuteronòmium 23:5b
‘…omdat die Here jou God jou liefgehad het. ’
– Een van die grootste vreugdes is om te weet dat ons bemind is.
– Ek wil jou herinner dat God jou liefhet en dat jy vir Hom waardevol is.
– In Sy liefde wil Hy dinge vir jou van vloeke tot seëninge omdraai.
– Sy liefde vir jou is wonderbaar en reik tot in die hemele, verwag dus goeie dinge.
Gebed: Vader, dank U vir U volmaakte liefde vir my. Ek vra dat ek sal ervaar dat U liefde en guns in my lewe werksaam is. Draai dinge om, maak deure oop en maak ‘n pad waar daar blykbaar geen uitkoms is nie. Amen.