Génesis 37:1
‘EN Jakob het gewoon in die land van die vreemdelingskap van sy vader, in die land Kanaän.’
– Herstel is vir God baie belangrik.
– Hy kan goed verander en dit terugsit soos dit behoort te wees.
– Die lewe het jou dalk ‘n paar verwoestende houe toegedien, maar Hy kan alles herstel.
– Hy kan jou weer vestig op die plek en met die doel wat Hy vir jou bestem het.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat U die groot Hersteller is. U weet wat U planne altyd vir my lewe was en U kan daardie planne ‘n werklikheid maak terwyl ek op U vertrou en U volg. Amen.