Matthéüs 2:10
‘En toe hulle die ster sien, het hulle hul met baie groot blydskap verheug.’
– Jesus behoort vreugde in ons harte te bring.
– Dit is ‘n tyd vir jou om groot vreugde en groot vrede te ervaar.
– Mag jou hart met ‘n uitermate groot blydskap gevul wees.
– Los alle hartseer en wanhoop en laat Sy blydskap jou oorweldig
Gebed: Vader, ek vra dat U vreugde en vrede my hart in hierdie wonderlike tyd van die jaar sal vul. Ek gee U al die areas van my lewe wat hartseer en moedeloos voel en ek vra dat U dit sal vervang met die groot vreugde wat U alleen kan gee. Amen.