Romeine 14:4b
‘maar hy sal staande bly, want God is magtig om hom staande te hou.’
– Die Here sal jou ondersteun en jou staande hou.
– Met die Here se hulp kan jy die toetse slaag en bly staan.
– Die Here sal jou versterk op die lewensreis.
– Hy sal jou vashou en Hy sal sorg dat jy nie val nie.
Gebed: Vader, dankie vir U hand op my lewe. Ek erken dat ek sonder U sal struikel en val, maar met U kan ek staan en staande bly. Amen.