Exodus 17:15
‘En Moses het ‘n altaar gebou en dit genoem: Die HERE is my banier.’
– Die volk van Israel het as oorwinnaars deur ‘n stryd gekom.
– Die banier was ‘n teken vir ander dat daar ‘n geveg was, maar hulle het gewen.
– Miskien gaan jy nou deur ‘n stryd, kry jou banier gereed.
– Vertrou die Here om jou daardeur te bring en jy sal ‘n getuienis vir ander wees.
Gebed: Vader, dank U dat U my nie alleen in my stryd laat nie maar dat U in my lewe intree om my te help en om my die oorwinning te gee. Ek bid dat my lewe ‘n voorbeeld vir ander sal wees van U getrouheid teenoor my. Amen.