Johannes 14:20
‘In dié dag sal julle weet dat Ek in My Vader is, en julle in My, en Ek in julle.’
– Die Here is nie net met jou nie, maar Hy woon ook in jou.
– Sy teenwoordigheid bring lewe, krag en vrugbaarheid.
– Sy lewe en krag is in jou aan die werk.
– Vertrou Hom om Sy voornemens in en deur jou lewe te volbring.
Gebed: Vader, dankie dat U met my is en dat U in my leef. Help my om hierdie wonderlike waarheid te begryp en elke dag te lewe met die wete dat U lewe en krag in my werksaam is. Amen.