1 Petrus 5:7 (NLV)
‘Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om.’
– Dit is wonderlik om te weet dat die Here vir ons omgee.
– Hy sê ons moet ons bekommernisse en sorge aan Hom gee.
– Plaas daardie bekommernis en daardie dringende saak in Sy hande.
– Neem ‘n oomblik en gee dit nou dadelik aan God.
Gebed: Vader, dankie dat U vir my omgee. Ek neem vandag my bekommernisse, sorge en my nood en gee dit vir U. U kan sorg vir alles wat ek aan U toevertrou. Amen.