Matthëüs 6:26
‘Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle Hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?’
– Besef jy hoe waardevol en kosbaar jy vir God is?
– Hy sien jou raak, Hy ken al jou behoeftes en Hy sal vir jou sorg.
– Ons sien die voëls dikwels nie eers raak nie, maar hulle is ‘n prentjie van hoe God omgee.
– Moenie twyfel aan Sy liefde en sorg vir jou nie, maar glo dat Hy jou liefhet.
Gebed: Vader, ek is verstom oor hoe U sorg vir alles wat U geskep het. U barmhartigheid en U goedheid kan oral om my gesien word. Ek kies om eenvoudig op U te vertrou en op U en U goedheid teenoor my te fokus. Amen.