Psalm 103:8
‘Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en groot van goedertierenheid.’
– Die aard van God teenoor jou is een van genade en goedhartigheid.
– Sy medelye, Sy genade en Sy liefde reik uit na jou.
– Hy is bereid om jou te vergewe en om jou te herstel.
– Hy het jou lief en hierdie liefde is blywend, getrou en onfeilbaar.
Gebed: Vader, dankie vir U medelye, genade en onfeilbare liefde teenoor my. Dankie dat U my vergewe, herstel en nooit moed opgee met my nie. Help my om in U getroue en blywende liefde te rus. Amen.