Lukas 18:1
‘EN Hy het ook aan hulle ‘n gelykenis vertel met die oog daarop dat ‘n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie.’
– Ons behoort te bid omdat ons glo dat God ingryp.
– Bring die situasie wat jou besorg na die Here toe.
– Laat Sy beloftes en krag jou met hoop vul.
– Moet nie moed verloor nie, moenie opgee nie, glo en volhard in gebed.
Gebed: Vader, help my om aan te hou bid en nie op te gee nie. Ek bring my bekommernisse na U toe en vertrou dat U sal ingryp. Vul my hart met hoop en versterk my geloof sodat ek volhard. Amen.