Psalm 20:8
‘Sommige roem op strydwaens en ander op perde, maar óns sal roem op die Naam van die Here onse God.’
– Ons uiterste sekuriteit kom van die Here.
– Menslike mag en invloed is beperk en van korte duur.
– God se krag en vermoë ken geen perke nie.
– Ons sal dus op die Naam van die Here onse God vertrou.
Gebed: Vader, ek kies om op U en op U onbeperkte krag en vermoë te vertrou. Help my om nie op my eie krag of die dinge van hierdie wêreld staat te maak nie, maar om standvastig in U Naam te staan. U is my sekuriteit, my krag en my oorwinning. Amen.