Psalm 37:23
‘Deur die Here word die gange van ‘n man bevestig, en Hy het ‘n welbehae in sy weg.’
– Terwyl jy dag na dag op die Here vertrou, sal Hy jou lei en rig.
– Hy weet altyd wat die regte en korrekte pad vir jou is om te neem.
– Hy sal jou die volgende tree wys terwyl jy afhanklik van Hom lewe.
– Plaas jou lewe en toekoms in Sy hande – Hy hou die toekoms in Sy hande.
Gebed: Vader, my lewe is in U hande. Daarom sal ek op U leiding in my lewe vertrou. Ek bid dat U my treë sal orden en mag ek weet dat U my Goeie Herder is en my na groen weivelde sal lei. Amen.