Deuteronòmium 31:6
‘Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die Here jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie.’
– Moenie die toekoms of wat dit mag bring vrees nie.
– Die Here stap die lewenspad saam met jou.
– Hy sal jou deur elke gevaar, moeite en strik bring.
– Sy hand sal jou lei en Hy sal jou elke dag onderhou.
Gebed: Vader, help my om sterk en dapper te wees. Wanneer ek die toekoms aandurf, herinner my daaraan dat U saam met my loop. Lei my treë en ondersteun my elke dag met U getroue hand. Amen.