Efésiërs 1:7
‘In Hom het ons die verlossing deur Sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van Sy genade,’
– God se hart is gevul met goedertierenheid en genade teenoor jou.
– Ons is geneig om so hard op onsself te wees, wanneer God Sy liefde aan ons wil toon.
– Deel van Sy volmaakte liefde wat Hy gee, is om die gawe van vergifnis te geniet.
– Ongeag wat jou hinder, bely dit aan Hom en ontvang vergifnis.
Gebed: Vader, dank U vir U goedertierenheid, liefde en genade teenoor my. Ek is so geseën om te weet dat U Seun die prys betaal het en ek hoef nie veroordeel te lewe nie, maar ek kan U vergifnis en vryheid in my lewe ondervind. Amen.