Filippense 4:4
‘Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!’
– God se liefde en getrouheid bly konstant, ten spyte van die lewe se uitdagings.
– Jy kan vol vertroue op Sy volgehoue liefdevolle goedheid teenoor jou, lewe.
– Wees dus bly en sien uit na Sy goedheid.
– Leef met verwagting in jou hart as ‘n doelbewuste daad van geloof.
Gebed: Vader, ek kies om my in U te verbly. My situasie is dalk nie perfek nie maar U liefde en getrouheid sal nooit faal nie. Ek kies om bly te wees omdat ek ‘n wonderlike Hemelse Vader het. Amen.