1 Johannes 5:11
‘En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in Sy Seun.’
– Die ewige lewe is ‘n lewensgehalte wat nou begin en vir ewig voortduur.
– Hierdie gawe is op ons verhouding met die Here gebou.
– Hy is die Bron van alle lewe en dit is ‘n geskenk van Hom.
– Hy is die weg, die waarheid en die lewe, en Hy gee die lewe aan jou.
Gebed: Vader, dankie vir die gawe van die ewige lewe deur U Seun. U is die Bron van my lewe, hoop en toekoms. Help my om elke dag in ‘n noue verhouding met U te leef en die lewe wat U gee te geniet. Amen.