2 Korinthiërs 1:4
‘Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee.’
– Troos is een van die gawes wat God vir jou wil gee.
– Ons almal het op een of ander manier troos nodig.
– Hy is die Trooster.
– Sy troos is nie beperk tot sekere dinge nie, dit omring al ons probleme.
Gebed: Vader, ek het U troos, bemoediging en vertroosting nodig in my lewe. U is die God wat Sy mense troos. Ek bid dat U my sal versterk en bemoedig sodat ek ’n seën vir ander kan wees. Amen.