Lukas 12:7
‘Maar selfs die hare van julle hoof is almal getel. Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.’
– Jy is kosbaar en waardevol vir God, en HY het jou lief.
– God ken elke detail van jou lewe en Hy sorg vir jou.
– Hy is selfs bewus van die klein dinge wat jou pla.
– Onthou jou waarde vir God en laat dit jou vertroos en versterk.
Gebed: Here, dankie vir die vreugde om te weet dat U my liefhet en vir my sorg. Hoe wonderlik is dit om te weet dat U alles van my weet en dat U my optel en dra terwyl ek aan U en U getrouheid vashou. Amen.