1 Timòtheüs 1:12
‘En ek dank Hom wat my krag gegee het, …’
– Die Here wil jou nou krag gee.
– Uiteindelik kom ware krag van die Here, die Bron van alle krag.
– Met Sy krag kan ons die lewe se beproewinge trotseer en as oorwinnaars uit die stryd tree.
– Mag jy Sy ondersteunende sterkte en krag vandag in jou ken!
Gebed: Vader, dank U dat U my versterk en bemagtig vir die wedloop wat ek moet hardloop. Ek hoef nie die wedloop alleen of in my eie krag te hardloop nie, want U is met my en U krag vloei in en deur my. Amen.