Jesaja 60:2
‘maar oor jóú sal die Here opgaan, en Sy heerlikheid sal oor jou gesien word.’
– Selfs wanneer duisternis jou omring, is die Here se lig groter.
– Hy kom om Sy lig, hoop en teenwoordigheid in ons lewens te bring.
– Terwyl Sy lig op jou skyn, kan jy daardie lig na ander weerkaats.
– Skep moed, want die duisternis sal nooit die grootheid van God oorwin nie.
Gebed: Vader, dankie dat U lig groter is as enige duisternis. Laat U teenwoordigheid en heerlikheid oor my skyn, en help my om U lig en hoop te weerspieël vir almal rondom my. Amen.