Openbaring 19:6
‘Halleluja! want die Here God, die Almagtige, het die koningskap aanvaar.’
– Jy het rede om in die Here jou God te jubel.
– Moet nooit vergeet dat die Here uiteindelik in beheer van alles is nie.
– Wanneer jy tye van onsekerheid moet aandurf kan jy in Sy soewereiniteit, vrede vind.
– Onthou altyd dat die Here ‘almagtig’ is.
Gebed: Vader, ek vier U grootheid en krag in my lewe. U is my God, en daarom kan ek op U fokus vir al die hulp wat ek nodig het. U regeer en U is almagtig, en dit verander alles. Amen.