Eségiël 12:8
‘Toe kom die Woord van die Here tot my in die more…’
– Elke oggend bring ‘n nuwe dag en ‘n nuwe geleentheid mee.
– Elke dag wil die Here weer met jou praat.
– Sy genade is elke oggend nuut.
– Vandag is nie ‘n voortsetting van gister nie, dit is anders en dit is nuut.
Gebed: Vader, dank U vir hierdie nuwe dag wat U my gegee het. Ek bid vir ‘n vars openbaring van U goedertierenheid en U goedheid teenoor my. Gister is verby, vandag is ‘n nuwe oomblik waarin ek U vars aanraking op my lewe kan ondervind. Amen.