Matthéüs 1:21
‘en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat Sy volk van hulle sondes sal verlos.’
– Kersfees is veel meer as net die gee en ontvang van geskenke.
– Sy Naam, Jesus, beteken ‘God red’ en daarom vier ons fees.
– Kersfees is ‘n toonbeeld van God wat Sy hand van verlossing na ons uitreik.
– Vat die persoonlike aspek van Kersfees vas, Sy reddende krag is vir jou.
Gebed: Vader, dank U dat U, U Seun gestuur het om my Here en my Verlosser te wees. Ek open die deur van my hart en ek ontvang U Seun as die groot geskenk wat U vir my gegee het. Wanneer ek onthou hoe U ingetree het om my te red en te verlos, mag my lewe nooit weer dieselfde wees nie. Amen.