Exodus 3:12
‘En Hy antwoord: Ek sal met jou wees, …’
– Die belofte van God se teenwoordigheid in ons lewens behoort ons moed te gee.
– Hy is met jou en daarom kan jy die krag en versekering hê wat jy nodig het.
– Wanneer God ons roep om iets te doen, belowe Hy altyd om met ons te wees.
– Tree in geloof uit, wees vol vertroue, want Hy sal beslis met jou wees.
Gebed: Vader, dank U vir U blywende teenwoordigheid in my lewe. U teenwoordigheid gee my die krag en die moed wat ek nodig het om vrymoedig en dapper te wees in alles wat ek doen. Amen.