Galasiërs 1:15
‘Maar toe dit God behaag het, wat my afgesonder het van die skoot van my moeder af en deur Sy genade geroep het,’
– Van voor jou geboorte af het God ‘n plan en doel met jou lewe gehad.
– Hy sien die potensiaal wat Hy in jou geplaas het.
– Mense mag jou afskryf, maar Hy weet wat bedoel is om te wees.
– Moet jou nie kwel oor wat ander mense dink nie, Hy het ‘n goeie plan vir jou.
Gebed: Vader, dank U dat U hand vanaf my bevrugting op my lewe was. Dit is wonderlik om te weet dat U my in die lig van U bestemming en doel vir my lewe sien. Ek kies om in te tree in dit waarvoor U my gekies en geroep het. Amen.