Exodus 3:4
God roep na hom uit die doringbos en sê: Moses, Moses! En hy antwoord: ‘Hier is ek….’
– Ons moet gereed wees om te reageer wanneer die Here ons roep.
– Daar is tye in ons lewens wanneer God na ons roep.
– Ons behoort nie te aarsel nie, ons moet liewer gereed wees.
– Die Here wil jou lewe gebruik, wees dus gereed om te reageer en gehoorsaam Hom.
Gebed: Vader, hier is ek – gebruik my! Ek verklaar dat ek beskikbaar is om deur U gebruik te word. Alles in my lewe is dalk nie perfek nie, maar ek weet dat ek deur U gebruik wil word sodat my lewe betekenis en ‘n doel kan hê. Ek bid dat U my lewe sal gebruik. Amen.