Exodus 19:4
‘…en dat Ek julle op arendsvlerke gedra en julle na My toe gebring het.’
– Dit is wonderlik wat God alles vir ons wil doen.
– Hy dra ons deur die lewe se uitdagings.
– Dit is Sy begeerte om ons te beskerm en te lei en nader aan Homself te bring.
– Hy tel ons op en dra ons saam.
Gebed: Vader, dankie vir al die wonderlike goed wat U in my lewe gedoen het en steeds aanhou om te doen. U lig my op wanneer ek swak is en trek my nader aan U hart. Help my om op U liefde en sorg vir my te vertrou. Amen.