Genesis 22:16-17
‘Ek sweer by Myself, spreek die Here, omdat jy dit gedoen het…Ek jou ryklik sal seën…’
– Ons moet almal by daardie punt kom waar die Here ons hoogste prioriteit is.
– Dit is ‘n plek van totale oorgawe en gehoorsaamheid.
– Dit maak die deur vir Sy voorsiening, beloftes en seën oop.
– Moenie enigiets terughou nie, gehoorsaam Hom en Hy sal jou seën.
Gebed: Vader, U is my hoogste prioriteit. Help my om my ten volle oor te gee en te gehoorsaam wat U ook al van my vra. Ek vertrou U beloftes en U voorsiening, en ek kies om U heelhartig te volg. Amen.