Jesaja 41:10
‘Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.’
– Die Here sal jou ondersteun en jou help.
– Moenie toelaat dat vrees ‘n vastrapplek in jou lewe kry nie.
– Jou God is met jou en Hy sal jou versterk en onderhou.
– Wees seker en vertrou onwrikbaar dat die Here jou sal dra.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat ek nie alleen is nie en dat U met my is. Ek het niks om te vrees nie, want U hou my vas en lig my in U arms op. U sal my versterk en U sal my red. Amen.