Filippense 4:13
‘Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.’
– Ongeag wat oor jou pad kom, Hy sal jou die krag gee wat jy nodig het
– Sy krag is ‘n geskenk wat ons kan ontvang as ons dit net sal benut
– Sy krag bemagtig ons om te kan doen wat ons gedink het ons nie kan doen nie.
– Terwyl jy die pad vorentoe aandurf, weet dat Hy jou Sy krag sal gee.
Gebed: Vader, ek verklaar dat ek vir my daaglikse lewe, op U en op U krag vertrou. Waar jy die pad vorentoe aandurf, weet dat Hy jou Sy krag sal gee. Sonder U krag is ek swak, maar met U krag weet ek dat ek in oorwinning kan lewe en wandel en geen uitdaging wat ek moet hanteer sal my kan oorweldig nie. Amen.