Psalm 62:3
‘Hy alleen is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie grootliks wankel nie.’
– Laat God alleen jou vertroue en jou krag wees.
– Omstandighede en situasies kan ons ontstel.
– Maar Hy bly die rots, die heil, die beskutting en die vesting.
– Moenie moedeloos of mismoedig wees nie, Hy is jou krag.
Gebed: Here, dankie dat U die krag van my lewe is. Ek kyk na U as my enigste hoop en toevlug in die onsekerhede van die lewe. Voorwaar, U sal my red en verlos. Amen.