1 Samuel 17:45
‘…Jy kom na my met ’n swaard en met ’n spies en met ’n lans, maar ek kom na jou in die Naam van die Here van die leërskare …’
– Onthou altyd dat die Here met jou is om jou te help.
– Wees vol vertroue dat die Here se teenwoordigheid en krag met jou is.
– Maak nie saak hoe groot die teenstand is nie, God is groter.
– Ons kan die lewe se ‘reuse’ trotseer wanneer ons in die gesag van Sy Naam staan.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat ek kan staan, wetende dat U met my is. Ek weet dat elke uitdaging wat ek moet hanteer klein is in vergelyking met U krag en teenwoordigheid wat met my staan. Amen.