Johannes 21:7
‘…En toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, gord hy sy bo-kleed om — want hy was naak — en werp homself in die see.’
– Simon Petrus was gereed om alles prys te gee om by die Here uit te kom.
– Hy het sy boot en sy vriende gelos om by die Here te kom.
– In die lewe is daar soveel dinge wat ons terughou om God te volg.
– Dit is tyd vir ‘n bietjie roekelose oorgawe, terwyl ons HOM met ons hele hart volg.
Gebed: Vader, ek kies om U eerste in my lewe te plaas. Mag die dinge van hierdie wêreld nooit ‘n groter houvas op my hê as my begeerte na meer van U nie. My hart sê: ‘Ek sal U eerste volg!’. Amen.