Psalm 34:5
‘Ek het die Here gesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees gered.’
– God se belofte aan jou is dat Hy jou sal verlos.
– Dit wat jy vrees, is geen uitdaging vir die Here nie.
– Streef na God en Sy teenwoordigheid en leiding.
– Gee Hom jou vrese en vind vandag Sy vrede.
Gebed: Vader, wanneer ek vreesbevange en onseker voel, kies ek om my tot U te wend. Dankie dat U getrou is om my roepstem te hoor en te antwoord. Ek bid dat U die vrees sal verwyder en my met U vrede sal vul. Amen.