Genesis 9:13
‘My reënboog het Ek in die wolke geplaas. Dit sal die teken wees van die verbond tussen My en die aarde.’
– Die hemel verkondig die heerlikheid van die Here.
– Hy het die reënboog in die lug geplaas om ons aan Sy beloftes te herinner.
– Die Here is by ons en Hy het beheer oor alles wat Hy geskape het.
– Onthou Sy goedheid en Sy liefdevolle toewyding aan jou!
Gebed: Vader, dankie dat alles in die skepping ons wys hoe groot U is. Dit is wonderlik om te weet dat U die beheer oor alles het en dat U omgee vir alles wat U geskape het, en dit sluit my in. Amen.