Psalm 71:1
‘By U, Here, skuil ek, laat my tog nooit teleurgestel staan nie!’
– Jy het die voorreg om God vir hulp en beskerming te nader.
– Hy is jou Toevlug, die veilige plek waarheen jy kan hardloop.
– Vertrou op Sy getrouheid, want Hy sal jou nie verlaat nie.
– Laat vertroue jou hart vul terwyl jy op Hom vertrou om in te gryp.
Gebed: Vader, dank U dat ek beskerming by U kan vind en dat ek in U kan skuil. U is my Toevlug en U is my Beskerming. Ek plaas nou dadelik, my vertroue in U onfeilbare liefde en U voortdurende getrouheid teenoor my. Amen.