Nehemia 9:20
‘En U goeie Gees het U gegee om hulle te onderrig, en U manna het U nie van hulle mond teruggehou nie en aan hulle water gegee vir hulle dors.’
– Die Here wil jou elke tree van die pad lei, rig en begelei.
– Manna was die wonderbaarlike voedsel wat God aan Sy mense voorsien het.
– Jou fisiese behoeftes is vir God belangrik en Hy sal voorsien.
– In Sy groot liefde vir jou wil Hy jou lei en vir jou sorg.
Gebed: Vader, dankie vir U groot liefde en sorg vir my. Ek maak my hart en lewe oop vir U leiding en instruksie. Ek bid dat U my die regte pad sal wys en dat U, U voorraadskure vir my sal oopmaak. Amen.