Exodus 17:9
‘Môre sal ek op die top van die heuwel staan met die staf van God in my hand.’
– Die staf van God was ‘n simbool van Sy mag en teenwoordigheid.
– Moses het nie die gevegte alleen aangedurf nie – hy het die Here saam met hom geneem.
– Neem God saam met jou in elke situasie wat jy teëkom.
– Met God kan jy elke situasie met moed en vasberadenheid aandurf.
Gebed: Vader, U is die krag van my lewe en U veg vir my. Ek tree dapper die toekoms in, en hou aan U krag en sterkte vas. Help my om op U te vertrou en nie op my eie krag nie. Amen.