1 Konings 8:23
‘en gesê: Here, God van Israel, daar is bo in die hemel of onder op die aarde geen God soos U nie, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir U knegte wat voor U aangesig wandel met hulle hele hart.’
– Daar is niemand soos die Here ons God nie.
– Laat jou geloof rus in die feit dat die Here alleen God is.
– Niks kan met Sy beloftes en Sy onfeilbare liefde vergelyk word nie.
– Hy hou Sy verbond met almal wat aan Hom toegewy is.
Gebed: Vader dankie dat U alleen God is en dat daar niks en niemand is wat met U vergelyk kan word nie. U is my verbondsgetroue God en die Een wat my onvoorwaardelik liefhet, en daarom vertrou ek op U getrouheid. Amen.