1 Johannes 4:10
‘Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en Sy Seun gestuur het as ‘n versoening vir ons sondes.’
– Die Here het jou lief en jy is waardevol en kosbaar vir Hom.
– Sy liefde vir jou is onvoorwaardelik en ewig.
– Sy liefde reik vandag na jou uit.
– Ons liefde vir God is ‘n reaksie op Sy liefde vir ons.
Gebed: Vader, dankie dat U my liefhet en vir my sorg. Help my om nooit hierdie groot feit te vergeet nie, en mag U liefde vir my ‘n steeds toenemende werklikheid in my lewe word. Amen.